Afrikaans preke, Jesus Christus GK, Geref Kerk
Access to the Gereformeerde Kerk Web-site requires a more recent Internet
Browser that supports frames. The latest version of Netscape can be downloaded
free of charge by clicking on the icon below.
Download
Netscape Here

This Website created and maintained by TradePage
Ontmoet die Gereformeerde Kerk Pinetown! Dit is 'n groot voorreg om deel van
die wêreldwye kerk van Jesus Christus te wees! As kerk van die Here is ons
deur sy bloed verlos en gereinig. Hy het ons deur sy Heilige Gees geroep en
toegerus om saam te werk aan die deurbreek van sy koninkryk in hierdie
wêreld. Hier, in die Gereformeerde Kerk Pinetown, is ons daartoe verbind om
in alle opsigte die sigbare, hoorbare en voelbare liggaam van Christus te
wees - sý hande en voete en mond in 'n wêreld wat Hom nie ken nie. In
gehoorsaamheid aan sy opdrag in Matteus 5:14 - "Julle is die lig vir die
wêreld" - het ons vir onsself die volgende doel gestel: Ons wil 'n baken van
hoop wees in 'n donker wêreld Om hierdie doel konkreet te bereik, weet ons
dat ons veral die nood van ons omgewing vierkantig in die oë sal moet kyk.
Dinge soos armoede, werkloosheid, misdaad, geweld, siekte,
gesinsverbrokkeling en huweliksnood, asook die diep sielkundige impak wat 'n
veranderde samelewing op mense maak, staan by ons in die fokus van ons
bediening. As gemeente is ons daartoe verbind om met groot deernis, in die
Naam van Jesus Christus, ons eie geloofsgemeenskap te versorg. Ons steek ook
ons hande uit na die breër gemeenskap om te help waar ons kan. Ds. Fritz
Krüger, met sy vrou Jansie, en Anja Daarvoor ondersoek ons heel eerste die
Woord van God met groot erns, omdat ons glo dat die Bybel die absoluut
betroubare Woord van God is. Die Bybel is die lig op ons donker pad wat hoop
gee, rigting aandui en lewens heelmaak. Die hele Woord fokus op Jesus
Christus as ons gekruisigde en opgestane Here. Hy het verlossing bewerk vir
elke sondaar wat in Hom glo, en roep ons tot ryk lewensgemeenskap met Hom
met die belofte van rus vir ons moeë harte! As gemeente is ons daartoe
verbind om elkeen wat op ons pad kom, onvoorwaardelik en sonder veroordeling
te aanvaar. Ons wil saamwerk om elkeen se gebrokenheid met die Woord en in
die Naam van Jesus Christus te probeer heelmaak, en dan saam met elkeen die
pad van 'n heel en diensbare lewe te stap. Ons is 'n klein, jong en aktiewe
gemeente vol lewenskrag! Omdat ons klein is, kan ons onder mekaar regtig die
gesinsband van die huisgesin van God handhaaf: hier kan jy nie wegraak in 'n
groot massa nie!
Waar kom ons vandaan? Die Gereformeerde Kerk Pinetown bestaan seders 1986 in
die Highway-gebied, en is 'n selfstandige plaaslike kerk wat deel uitmaak
van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Saam met ander
gereformeerde kerke wêreldwyd staan ons in die tradisie van die Reformasie.
Ons lê daarom in ons bediening en in die lewe van ons gemeente klem op die
volgende vyf hoofpunte: Jesus Christus staan sentraal in alles wat ons sê en
doen, omdat Hy die enigste Middelaar tussen God en mense is - Hy is die Weg,
die Waarheid en die Lewe ons glo dat mense slegs deur die genade van God
verlos word, en nie deur enigiets wat ons voor Hom kan verdien nie geloof in
Jesus Christus as Saligmaker is die enigste weg waarlangs God mense verlos
ons glo dat die Bybel as die Woord van God absolute gesag in ons lewens en
in ons kerk het, en dat geen menslike geskrifte of tradisies gelyk kan wees
daarmee nie, omdat die Bybel ons alles leer wat ons nodig het om salig te
word en God te dien ons glo dat die hoogste doel van ons lewe as mense die
eer van God is - daarom wil ons met mekaar 'n radikaal God-gesentreerde lewe
lei. Ons eredienste volg 'n dinamiese liturgiese patroon wat ryk is aan
inhoud, sonder om styf en koud te wees. Op grond van Bybelse beginsels
aanbid ons die Here deur Hom met lofprysing te ontmoet ons sondeskuld voor
Hom te bely en van Hom vryspraak en genade te ontvang te luister hoe ons
groot en heerlike God in sy Woord met ons praat Hom in sang, gebed en
liefdesgawes te antwoord. Saam met die historiese Christelik kerk wêreldwyd
aanvaar ons as geloofsbelydenis - die Apostoliese Geloofsbelydenis die
Geloofsbelydenis van Nicea die geloofsbelydenis van Athanasius Saam met
ander gereformeerde kerke aanvaar ons as geloofsbelydenis - die Heidelbergse
Kategismus die Nederlandse Geloofsbelydenis
die Dordtse Leerreëls. Predikant : Ds. Fritz Krüger Tel : (031) 702 8446 Fax
: (031) 702 8446 (op aanvraag) e-pos : jjkruger@mweb.co.za Straat adres :
Voortrekker-straat 1 Ashley Pinetown Pos-adres : Posbus 10442 Ashwood 3605